Gemeente

Oor Ons Gemeente

Die Panoramakerk behoort aan die Noordelike Konferensie van die Sewendedag Adventistekerk en die Uniekonferensie van Suider-Afrika.

As ‘n Christelike kerk is Sewendedag Adventiste ‘n geloofsgemeenskap gevestig op die geloofsbeginsels uiteengesit in God se Woord. Adventiste beskryf hierdie geloofsbeginsels op die volgende maniere:

God se grootste begeerte is dat jy ‘n duidelike beeld van Sy karakter sal sien. Wanneer jy Hom duidelik sien, sal Sy liefde vir jou onmoontlik word om teen te staan. Vir baie beteken “om God duidelik te sien” om God se gesig te sien. Hoe Hy lyk is egter nie die punt nie. Die belangrikste is om Sy karakter te sien en te verstaan. Hoe duideliker ons Hom verstaan, hoe meer oorheersend word Sy liefde vir ons. Hoe meer ons van Sy liefde begin ervaar, hoe meer sal ons eie lewens begin sin maak.

Wanneer alles lyk of dit wil uitmekaarval, wanneer jy alleen in die heelal voel, is Jesus midde dit alles om persoonlik vrede en hoop te bied. Laat Hom toe in jou lewe. Hy begin onmiddellik weer “modelleer” wie jy is en hoe jy lewe. Om die waarheid te sê, Jesus is altyd hard besig om Sy volgelinge te omvorm tot getroue verteenwoordigers van God se karakter. Kyk na Jesus en jy sal die gesig van God sien, liefdevol en vol begrip.

Uittreksel uit What Adventists Believe op www.adventist.org (vertaal in Afrikaans deur Werner Kapp)

Ons Geskiedenis

Johannesburg-Wes Gemeente Die voormalige Johannesburg-Wes Gemeente is gestig met die same­smelting van die destydse Melville en Booysens Gemeentes gedurende 1974. Drie erwe is saam vir R25 000 aangekoop, die huise …

Wat Ons Glo

As ’n Christelike kerk is Sewendedag Adventiste ’n geloofsgemeenskap gevestig op die geloofsbeginsels uiteengesit in God se Woord. Sewendedag Adventiste beskryf hierdie geloofsbeginsels op die volgende maniere: God se grootste …

Panorama - Bybelstudie

Volg ons

Nuutste Nuus

2017-02-03 Doopdiens

Vrydagaand 3 Feb 2017 is drie mense gedoop deur Lr. Greg Campling.  Jean Coetzee, Rico Mouton en Jessica Nieuwoudt het hulle lewe aan Jesus gegee en by ons familie aangesluit. …